Tilly & Thandeka: Die Skoenlapperspioen

R 130.00

Tilly en Thandeka is twee vriende met 'n talent om raaisels op te los. Hulle weet dat avonture beteken om saam te bly, op jou voete te dink, dapper te wees al is jy bang en bowenal, om jou instinkte te vertrou wanneer jy iemand wat agterdogtig is ontmoet.

Hulle tweede avontuur ( lees die eerste! ) neem hulle in die wonderlike wêreld van skoenlapperversameling by die Kusmuseum en word 'n wedloop teen tyd om 'n seldsame skoenlapper te red. Hulle kom vinnig agter dat daar 'n spioen in hul midde is, maar wat as niemand anders hulle glo nie?

SPESIFIKASIES: sagteband, 104 bladsye, 203 mm x 127 mm (5" x 8")