Reis Met Woorde: ‘n Dagboek Vir Jou Leesreis

R 235.00

Reis Met Woorde is ‘n dagboek vir jou literêre avonture. Sluit aan by ‘n groepie vrolike vriende vir ‘n ontdekkingsreis deur die wêreld van woorde, stories, skryf en lees.

Volg die landkaart van onthou. Ry saam op die Boekeboot, die Versie Vliegtuig en die Storieslee. Kom besoek die Berge van Betekenis, die Vallei van Wonderlike Woorde, die Woud van Gevoelens en die Woestyn van Drome. Hierdie interaktiewe dagboek moedig nuuskierigheid oor, en vreugdevolle ontdekking van, die boekewêreld aan. Die geskrewe woord word gebruik as ‘n medium om kinders se horisonne te verbreed, hul selfkennis te verdiep en om ‘n liefde vir lees te kweek.

Verkope van die joernaal ondersteun die biblioteekprojekte en leesprogramme van die Otto Stigting (www.ottofoundation.org).

Hierdie boek is ook beskikbaar in English.

Specs: ISBN 978-0-620-96797-6, A5, 82 pages, journal format